Skip to content

VN veroordeel Rusland se aanvalle op burgerlikes in Oekraïne [KLANK]

# Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en een-duisend-816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy aanvalle op Rusland verskerp en gekonsentreer op olieraffinaderye. Die VN-hoof van politieke sake, Rosemary DiCarlo, sê aanvalle op burgerlikes en burgerlike infrastruktuur is ʼn oortreding van internasionale menseregte-wette:

ENG DiCarloOnCallforAction