# Die stadsraad van die Stad Tshwane gaan tugstappe doen teen die geskorste hoof van finansies, Gareth Mnisi. Die Madlanga-kommissie het bevind hy het met ander senior beamptes van die metro saamgespan om die toekenning van tenders te manipuleer. Hy het na bewering sy posisie gebruik om tenders aan voorleggers van sy keuse toe te staan. Tshwane-burgemeester se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê Mnisi se skorsing sal opgehef word terwyl tugprosedures voortgaan:
Geskorste hoof van finansies van Tshwane Gareth Mnisi staar dissiplinêre optrede in die gesig [KLANK]
ENG MgoboziOnMnisi