# Die Departement van Binnelandse Sake se afdeling vir appèlaansoeke vir vlugtelinge toon die grootste afname in die agterstand met aansoeke in jare. Die geskiedkundige agterstand het met 14,2-persent afgeneem en die bestaande aktiewe gevalle in 2025/2026 met 12-persent. Die getal het van 79-duisend-870 gevalle aan die einde van 2024 tot afgeneem tot 70-duisend-976 aan die einde van verlede jaar. Die departement sê gevalle is afgehandel deur beslissings, terugtrekkings, finalisering en skriftelike beslissings waar aansoekers nie by geskeduleerde verhore opgedaag het nie. Minister Leon Schreiber sê dis ‘n belangrike stap in die land se herstelpad met immigrasie.
Binnelandse Sake bereik grootste afname in agterstand met appèlaansoeke van vlugtelinge in jare