# Tennis: Die Tsjeggiese spelers Karolina Muchová en Linda Nosková speel vanmiddag in die eindstryd van die vroue-enkelspel op Wimbledon. Dis albei se eerste geleentheid om as Grand Slam-kampioen gekroon te word. Muchová het die Amerikaner Coco Gauff verslaan en Nosková vir Marta Kostyuk van Oekraïne. Die 20-jarige Nosková is die jongste vrou in die eindstryd sedert 2014. Dis die eerste keer dat twee vroue van dieselfde land die eindstryd van ‘n Grand Slam-toernooi bereik sedert die Amerikaners Sloane Stephens en Madison Keys op die Amerikaanse Ope in 2017.
Tennis: Twee Tsjeggiese vroue meet kragte in Wimbledon-eindstryd