# Boks: Die geveg vir die vakante WBC Afrika-swaargewigkampioenskap sal hierdie week die Golden Gloves’ Magic at the Palace-toernooi in Johannesburg lei. Swaargewigte Jose Kadima en Herbert Matovu sal oor tien rondes veg vir die gesogte kontinentale titel. Die gevegsweek het amptelik begin met die verpligte mediese ondersoek en mediakonferensie, waar die boksers mekaar die stryd aangesê het. Die ander hoofgeveg is tussen Juan “Ife” Alberts en Jack Mulowayi, terwyl Suid-Afrika se opkomende bokssterre en kampioenskap-aanspraakmakers aan die voorgevegte sal deelneem.
Boks: WBC geveg om die Afrika-swaargewigkampioenskapstitel is die hoofgeveg in Johannesburgse toernooi