# Sokker: Die Bafana Bafana-ster Mbekezeli Mbokazi se agent waarsku klubs hulle sal beter aanbiedings moet maak om hom te koop ná sy goeie vertoning in die Wêreldbekertoernooi. Basia Michaels sê die 20-jarige Mbokazi behoort twee tot vyf keer meer te verdien as die 49-miljoen-rand wat Chicago Fire verlede jaar vir hom betaal het. Die Amerikaanse klub is bereid om die verdediger aan Europese klubs te verkoop. ‘n Belgiese span stel glo weer belang nadat hulle ‘n jaar gelede geweier het om te betaal wat Orlando Pirates wou hê.
Sokker: Bafana ster se prys die hoogte in na uitstekende Wêreldbekervertoning