Skip to content

Krieket: Engeland verneder Indië in derde T20 op Trent Bridge

# Krieket: Indië lek sy wonde nadat Engeland hom verneder het in die derde T20 op Trent Bridge in Nottingham. Die gasheer het 201 vir sewe aangeteken na aanvangskolwer Phil Salt se 70. Harshit Rana en Prince Yadav het elk twee paaltjies geneem. Indië is daarna binne 12 boulbeurte vir net 76 uitgeboender. Die hoogste tellings was Vaibhav Sooryavanshi en Ishan Kishan se 13. Josh Tongue het vier kolwers uitgehaal en Jofra Archer drie. Dis Indië se tweede laagste T20-telling na sy 74 teen Australië in Melbourne in 2008.