Skip to content

Amerika voer nuwe aanvalle op Iran uit en Teheran teiken Amerikaanse militêre basisse

# Die Amerikaanse Weermag het meer as 80 teikens getref in ʼn reeks aanvalle teen Iran. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps in die Seestraat van Hormoes in. Qeshm-eiland, Bandar Abbas en Sirik is getref. Amerika se Sentrale Bevel sê die doel was om groot skade te veroorsaak weens Iran se aanvalle op handelskepe met onskuldige bemannings in die seestraat. Teheran sê hy het 85 Amerikaanse militêre terreine in Bahrein en Koeweit geteiken weens die skending van die skietstilstand.