# Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het grondwetlike wysigings onderteken wat die presidensiële termyn van vyf tot sewe jaar verleng. Dit beteken die 83-jarige Mnangagwa bly tot 2030 aan bewind. Albei huise van die Parlement het die omstrede wysigings verlede maand aanvaar. Die omvattende veranderings wat kritici ʼn “grondwetlike staatsgreep” noem, sluit ook in dat die president deur die Parlement eerder as regstreekse algemene stemming gekies word. Mnangagwa se regering verdedig die hervormings en sê dis gemik op politieke bestendigheid, kontinuïteit en ondersteuning van langtermyn- nasionale ontwikkeling.
Zimbabwe se president Mnangagwa onderteken grondwetlike wysigings om termyn tot 2030 te verleng