# Twee mense is in aanhouding nadat hulle in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn het op aanklagte van sameswering om ‘n senior provinsiale direkteur van Menslike Nedersettings te vermoor. Die Valke beweer die amptenaar was geteiken omdat hy probeer het om die onwettige verkoop van HOP-huise aan mense wat nie gekwalifiseer het nie, te keer. Een van die beskuldigdes is ‘n departementele administratiewe klerk. Verskeie vuurwapens en elektroniese toestelle is gekonfiskeer. Die saak is tot 13 Julie vir formele borgtogaansoek uitgestel.
Twee beskuldigdes bly in aanhouding na beweerde sluipmoordkomplot teen direkteur van Menslike Nedersettings