# Tennis: Die All England Club het aan elf spelers boetes van altesaam 739-duisend-rand opgelê na Wimbledon se kwalifiserende rondes en die eerste week van die hooftrekking. Dis vir oortredings soos hoorbare onwelvoeglikheid, misbruik van rakette of swak sportmanskap. Die Fransman Corentin Moutet het die grootste boete van ongeveer 122-duisend-rand gekry nadat hy sy raket gebreek en gevloek het tydens sy eersteronde-nederlaag teen die Amerikaner Marcos Giron. Ander spelers wat beboet is, sluit in die Australiër Thanasi Kokkinakis, Damir Dzumhur van Bosnië en die Belg, Gilles Arnaud Bailly.
Tennis: Wimbledon reik boetes van meer as R700 000 aan elf spelers uit