# Die EFF sê die bevindinge van die ondersoek na die Staatsinligtingstegnologie-agentskap bevestig sy sienings dat die probleme by SITA voortspruit uit onvoldoende toesig, vermiste dokumente en ‘n gebrek aan besliste leierskap. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in bestuur, bestedingsbeheer en kontrakbestuur blootgelê, met meer as twee-miljard-rand in onreëlmatige uitgawes. Die EFF sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, het nie sy verantwoordelikheid nagekom om SITA te hervorm nie. Die party vra die regering om die privatisering van SITA te keer en te fokus op die herlewing daarvan.
EFF sê probleme by SITA spruit uit gebrek aan besliste leierskap