# Die MK-party doen ʼn beroep op die regering om onmiddellik gevangenes wat buitelanders is te repatrieer. Hy sê die land bestee jaarliks sowat 4,2-miljard-rand om hulle in die tronk te hou. Daar was verlede maand 27-duisend-880 buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke. Dit sluit in 13-duisend-266 gevonnisde oortreders en 14-duisend-614 verhoorafwagtendes. Die MK-party sê byna die helfte van die koste, ʼn geraamde 2,2-miljard-rand jaarliks, is vir verhoorafwagtende buitelandse burgers. Hy sê die geld kan gebruik word vir meer maatskaplike toelaes, werkskepping en beter gesondheidsorg en onderwys.
MK-party eis dat regering al 27 880 buitelandse gevangenes repatrieer