# Die Israelse weermag het gister verskeie aanvalle in die suide van Libanon uitgevoer, onder meer ʼn hommeltuigaanval op ʼn motor waarin vier mense dood is. ʼn Skoolhoof, haar ma, ʼn buitelandse huishulp en ʼn Siriër is dood. Ten spyte van ʼn skietstilstand wat Amerika bewerkstellig het en twee weke gelede onderteken is, gaan Israel voort met aanvalle in die suide van Libanon. Hy sê sy teikens is die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep se persele en soldate. Volgens berigte is ongeveer vier-duisend-300 mense sedert 2 Maart in Israelse aanvalle in Libanon dood en meer as 1,2-miljoen is ontheem.
Israel tref steeds teikens in suide van Libanon ten spyte van skietstilstand