# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy is bemoedig deur die bevindings van die Wêreldbank se studie oor Suid-Afrika se program oor Spesiale Ekonomiese Sones. Die studie het bevind Suid-Afrika het die infrastruktuur, regsraamwerk en institusionele vermoë om dit ʼn program van wêreldgehalte te maak. Tau sê die studie bevestig die program se positiewe uitwerking op die ekonomie. Hy sê die departement sal die Wêreldbank se bevindings en aanbevelings bestudeer en die program uitbrei om sy ekonomiese uitwerking te vergroot.
Minister Tau is bemoedig deur Wêreldbank se bevindings oor Spesiale Ekonomiese Sones