# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, sê daar is ‘n behoefte aan strategiese vooruitskouing en doeltreffende bestuur by die Staatsinligtingstegnologie-agentskap. ‘n Onafhanklike ondersoek oor die tydperk van 2020 tot 2025, het ernstige swakpunte in bestedingsbeheer, kontrakbestuur en bestuur bevind. Die verslag het onder andere bevind dat meer as twee-miljard-rand se onreëlmatige uitgawes deur die Ouditeur-generaal oor vier geouditeerde jare uitgewys is. Fikeni sê dis belangrik om die kwessies in die verslag aan te spreek om internasionale mededinging en digitale transformasie te verseker:
Voorsitter van die Staatsdienskommissie sê doeltreffende bestuur is nodig by SITA [KLANK]
ENG FikeniOnGovernance