# Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus wil soveel as moontlik spelers toetservaring gee en het talle veranderings aangebring aan die groep vir Saterdag se Nasieskampioenskapswedstryd teen Skotland op Loftus. Slegs vyf spelers is oor in die opdrafspan van die groep wat Engeland die afgelope naweek op Ellispark 45-21 verslaan het. Pieter-Steph du Toit is weer kaptein en deel van die lostrio saam met Evan Roos en Paul de Villiers, wat sy buiging teen Engeland gemaak het. Erasmus sê Skotland sal ‘n goeie toets vir die Bokke se diepte wees.
Rugby: Rassie wil soveel as moontlik spelers toetservaring gee