# Die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, sal nie môre voor die Madlanga-kommissie getuig nie, ten spyte van ‘n dagvaarding vir sy verskyning. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n misdaadsindikaat bedryf het wat verhoudings met senior polisiebeamptes en individue met politieke bande gekweek het om ondersoeke te beïnvloed, staatskontrakte te verseker en wetstoepassing te ondermyn. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê weens die verhoogde media- en openbare belangstelling in Matlala se getuienis, is sy verskyning uitgestel tot ‘n datum wat nog bepaal moet word.
Vusimuzi ‘Cat’ Matlala sal nie Dinsdag voor Madlanga-kommissie getuig nie