Skip to content

Minstens agt mense beseer in nog ’n Russiese aanval op Kiëf

# Rusland het vroeg vanoggend nog ʼn vlaag missiel-aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende distrikte uitgevoer en minstens agt mense beseer. Talle woongeboue is getref. Die aanvalle het plaasgevind nadat Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gister gewaarsku het Rusland beplan ʼn massiewe nuwe aanval. Moskou het Donderdag ʼn aanval op Kiëf uitgevoer waarin minstens 30 mense dood is. Dit was die derde dodelikste aanval op die Oekraïnse hoofstad sedert die oorlog begin het. Dit kom in aanloop tot die NAVO-beraad wat môre in Ankara, Turkye, begin.