# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ʼn tweede verdagte gearresteer in verband met die vermeende diefstal in 2023 van edelstene ter waarde van byna 15-miljoen-rand by ʼn huis Killarney, Johannesburg. Die eerste verdagte is Vrydag vasgetrek terwyl die tweede persoon homself by die Edenvale-polisiekantoor oorgegee het. OPOD-woordvoerder, Lizzy Suping, sê die verdagtes staan tereg op aanklagte van korrupsie weens hul beweerde onwettige optrede tydens die klopjag en beslaglegging op edelstene.
Tweede verdagte vas wat met diefstal van edelstene van R15-miljoen verbind word [KLANK]
ENG SupingOnSuspects