Skip to content

Rugby: Bokke begin Nasieskampioenskap-veldtog met oortuigende oorwinning oor Engeland

# Rugby: Die wêreldkampioene het hul Nasieskampioenskap-veldtog gister met ‘n oortuigende oorwinning van 45-21 oor Engeland op Ellispark afgeskop. Dit was Engeland se vyfde agtereenvolgende nederlaag, met die Springbokke wat sedert 1973 gesorg het dat hulle nie op Ellispark wen nie. Die Bokke het Eben Etzebeth en kaptein Siya Kolisi verloor weens laat onttrekkings. Dit het Pieter-Steph du Toit genoodsaak om na slot te skuif, met Cameron Hanekom vir die eerste keer in ‘n Springbok opdrafspan en Paul de Villiers wat sy debuut op regterflank gemaak het. Die gashere het sewe drieë gedruk deur Thomas du Toit, Cheslin Kolbe, Kurt-Lee Arendse, Grant Williams, Jesse Kriel, Malcolm Marx en Ben-Jason Dixon, met Kolbe wat vyf daarvan verdoel het.

In gister se ander Nasieskampioenskap-wedstryde het Skotland Argentinië met 47-38 geklop en Wallis vir Fidji met 39-24. Ierland het Australië in Sydney naelskraaps met 33-31 geklop. Japan het Italië met 27-10 gewen, terwyl Nieu-Seeland hard moes werk vir hul oorwinning van 34-32 oor Frankryk.