Skip to content

Motorsport: Hamilton klop Antonelli vir voorste wegspringplek by Britse GP-snelren

# Motorsport: Lewis Hamilton spring voor weg in vandag se snelren by die Britse Grand Prix na ‘n uitstekende kwalifiserende ronde in sy Ferrari. Hy het Mercedes se 19-jarige kampioenskapsleier Kimi Antonelli uitstof en ‘n onvergeetlike dag op Silverstone beleef. Die sewemalige wêreldkampioen het die Britse Grand Prix op sy tuisrenbaan reeds ‘n rekord nege keer gewen. Viermalige kampioen Max Verstappen begin derde vir Red Bull, voor Charles Leclerc in die tweede Ferrari en George Russell in die tweede Mercedes. Wêreldkampioen Lando Norris spring sesde weg gevolg deur sy McLaren-spanmaat Oscar Piastri.