# Sokker: Argentinië is in Miami bloed gesweet voordat hulle Kaap Verde se verrassende Wêreldbeker-veldtog beëindig het. Lionel Messi het sy 20ste Wêreldbeker-doel aangeteken toe Argentinië in oortyd met 3-2 gewen het om ‘n plek in die ronde van 16 te bespreek. Messi het sy eie rekord verbeter deur in agt agtereenvolgende Wêreldbekerwedstryde doele aan te teken. Hy het nou ‘n voorsprong van twee doele in die wedloop om die toernooi se voorste doelskieter van alle tye te word. Kaap Verde het regdeur die toenooi gewys waartoe hulle in staat met gelykopuitslae teen Spanje, Uruguay en Saoedi-Arabië, wat hulle ‘n plek in die uitkloprondes besorg het.
Argentinië sukkel verby Kaap Verde na laaste 16