Skip to content

VF Plus sê Tshwane-inwoners word toenemend geteiken deur onregverdige boetes [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê inwoners loop toenemend deur onder onregverdige boetes en intimidasie. Grandi Theunissen van die party sê vele huiseienaars word met tot 75-duisend-rand beboet omdat hulle na bewering met meters vir voorafbetaalde elektrisiteit peuter. Hy sê in baie gevalle sê die inwoners hierdie bewerings is ongegrond en twyfelagtig wat die wet betref. Theunissen sê die metro verwag van inwoners om meters wat in ʼn openbare straat geïnstalleer is veilig te hou, maar word terselfdertyd verbied om dit te verskuif of privaat te beskerm:

AFR TheunissenONTargeted