Skip to content

Iran waarsku Amerika en Israel teen aanvalle tydens begrafnisseremonies vir opperleier Ali Khamenei

# Iran se weermag het Amerika en Israel gewaarsku dat hy met volle mag sal reageer as hulle die land aanval tydens begrafnisseremonies vir die opperleier, Ajatolla Ali Khamenei. Hy is op 28 Februarie op die eerste dag van Amerika en Israel se oorlog teen Teheran in ʼn lugaanval dood. Iranse owerhede beplan van môre af tot Donderdag begrafnisseremonies op verskeie plekke in Iran en Irak. Iran se president Masoud Pezeshkian beskryf Khamenei se dood as “martelaarskap” en sê dis die begin van ʼn nuwe hoofstuk van eenheid en veerkragtigheid.