# Die Stad Tshwane het begin om huishoudings in verskeie informele nedersettings wat kwalifiseer te verskuif na ontwikkelde erwe in Leeufontein Uitbreiding 32. Die program het in die Tsunami Informele Nedersetting begin, waar 162 begunstigdes tans verskuif word. Bykomende verskuiwings sal Maandag plaasvind vanaf ander nedersettings, insluitend Nkandla, Mavuso, Willow Farm, Mamelodi Uitbreiding 11, Youth View en Soul City. ‘n Verdere 23 huishoudings op die Nasionale Behuisingsbehoefteregister sal ook erwe ontvang. Die stad sê die projek sal lewensomstandighede verbeter en bydra tot die ordelike ontwikkeling van menslike nedersettings.
Tshwane verskuif huishoudings in informele nedersettings na ontwikkelde erwe