# ‘n Elf-jarige seun word aangehou nadat hy met ‘n bakkie vasgery het teen ‘n groep monnike wat op ‘n pelgrimstog in noordoos-Thailand was. Amptenare sê agt van die 35 monnike is dood. Vyf is op die toneel dood, en drie ander het in die hospitaal gesterf. Veertien ander is hospitaal toe geneem, met vier in ‘n bedenklike toestand. Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe die monnike agter mekaar langs die pad stap voordat die bakkie hulle tref. Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.
Agt Thaise monnike sterf toe 11-jarige met bakkie teen hulle vasry