# Die Staatsdienskommissie se kommissaris, Anele Gxoyiya, sê staatsdepartemente se versuim om fakture binne 30 dae te betaal, bly ʼn probleem en oortree die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Volgens die Nasionale Tesourie het provinsiale en nasionale departemente teen die einde van die derde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 90-duisend-856 fakture ouer as 30 dae nog nie betaal nie. Die randwaarde van hierdie fakture beloop 15,5-mijard-rand. Gxoyiya sê die nie-betaling van fakture druis in teen die regering se visie van ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en armoedeverligting.
Staatsdienskommissie sê regering versuim steeds om fakture binne 30 dae te betaal