Skip to content

Minstens twee sterf in reeks Russiese missielaanvalle op Kiëf

# Rusland het oornag tientalle kruis- en ballistiese missiele op Kiëf in Oekraïne afgevuur. Minstens twee mense is dood en elf is beseer. Die aanval het talle woongeboue vernietig en ʼn hotel in Kiëf se middestad beskadig. Oekraïne het die afgelope maand ʼn ongekende veldtog met langafstand-hommeltuie teen Rusland gevoer met energie-infrastruktuur in hul visier. Volgens berigte gebruik Rusland nuwe tegnieke in sy massa-aanvalle op Oekraïne. Hy vuur meer ballistiese missiele af om Kiëf se tekort aan Patriot-lugafweerstelsels uit te buit. Hy fokus ook op nuwe, belangriker teikens.