# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die gesamentlike benadering van al die afdelings van die regering het Dinsdag aansienlik gehelp om openbare orde te bewaar en ook die grondwetlike regte van landsburgers te beskerm. Hy het gisteraand al die premiers, LUR’e verantwoordelik vir gemeenskapveiligheid en burgemeesters van metropolitaanse munisipaliteite ontmoet na Dinsdag se betogings teen onwettige immigrante. Die woordvoerder van die minister, Kamogelo Mogotsi, sê hy het gewaarsku waaksaamheid moenie verslap nie aangesien daar aanduidings is dat betogings elke Donderdag kan voortgaan tot die plaaslikeregeringsverkiesing:
Waarnemende minister van Polisie prys verenigde leiding na betogings van 30 Junie [KLANK]
ENG MogotsiONDemonstrations