Skip to content

OUTA sê swak Parlementêre-toesig lei tot korrupsie en stel die regte van burgers in gevaar

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê aanspreeklikheid is ‘n mensereg, en die Parlement moet dit beskerm met sterker toesig, terwyl die regering aanspreeklik gehou moet word vir besteding en dienslewering. Volgens die organisasie lei swak toesig tot swak bestuur, korrupsie en mislukte openbare dienste wat mense se regte regstreeks raak op gebiede soos onderwys, gesondheidsorg en ekonomiese geleenthede. Rachel Fischer van OUTA sê doeltreffende parlementêre ondersoek is noodsaaklik om burgers se regte te beskerm en aanspreeklikheid in die regering te verbeter.