Skip to content

Amerikaanse Hooggeregshof beslis teen Trump se pogings om geboortereg-burgerskap te beëindig

# Die Amerikaanse Hooggeregshof het beslis teen president Donald Trump se poging om geboortereg-burgerskap in Amerika deur middel van ‘n uitvoerende bevel te beëindig. In die 6-3-uitspraak, is herbevestig dat enigiemand wat in die VSA gebore is, ‘n burger is, selfs al is die ouers nie. Die adjunk-personeelhoof van die Withuis, Stephen Miller, sê die uitspraak is een van die mees vernietigende en skandalige beslissings in die lang geskiedenis van die Hooggeregshof. Hy sê Amerikaanse burgerskap is nie die geboortereg van die wêreld nie; dit behoort slegs en uitsluitlik aan Amerikaners.