Nuus 17:00
BULLETIN 30 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Beitbrug-grenspos berei voor vir ‘n toename in repatriasieverkeer
# Die MK-party beweer Julius Malema het Feroz Khan se verskyning voor die parlement se ad hoc-komitee verhoed
# En sokker: ‘n Waarskuwing oor uiterste hitte word aangekondig vir die Wêreldbeker-gasheerstad Kansas City
# Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede bly rustig op die Beitbrug-grenspos in Limpopo, maar ‘n toename in busse met buitelandse burgers word later vandag verwag. Die adjunkkommissaris vir Operasies, David Chilembe, sê byna twee-duisend-900 mense, meestal Malawiërs en Zimbabwiërs, is gister verwerk. Ongeveer 280 gedeporteerdes het gekom vanaf die Lindela-repatriasiesentrum, terwyl ander vrywillig terugkeer huis toe. Chilembe sê amptenare bemiddel georganiseerde repatriasies sowel as mense wat self terugkeer:
# Die MK Party-parlementslid, Vusi Shongwe het aan die Madlanga-kommissie gesê die EFF-leier Julius Malema het pogings teengestaan om generaal-majoor Feroz Khan voor die parlement se ad hoc-komitee te laat verskyn. Shongwe beweer sommige komiteelede het die dagvaarding van Khan ondersteun, maar ander partye het die EFF se standpunt gesteun. Hy het gesê die meningsverskil oor Khan se voorgestelde getuienis waskommerwekkend en het daartoe gelei dat die senior polisiebeampte nie as getuie geroep is nie:
# Build One South Africa gaan nie die EFF se mosie van wantroue in die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, ondersteun nie. BOSA sê op Wêreldparlementsdag die Parlement moet die versterking van toesig voorop stel eerder as om polities-gedrewe mosies na te streef. Roger Solomons van die party sê Didiza het aan die vereistes van die Konstitusionele Hof voldoen en die drempel vir verwydering is nie bereik nie. Hy het hervormings gevra om die Parlement se onafhanklikheid te versterk en verantwoordbaarheid in die regering te verbeter.
# Familielede soek desperaat na geliefdes nadat ‘n hotel waarin meer as 100 mense tuisgegaan het, Woensdagaand in die dodelike aardbewings in Venezuela ingestort het. Die groep is vroeër dieselfde dag uit Amerika gedeporteer en na die hotel in La Guaira, ‘n kusstad noord van die hoofstad, Caracas, geneem. Van die gedeporteerdes het die instorting oorleef, maar talle is steeds onder die puin vasgekeer. Minstens een-duisend-700 mense is in die aardbewings dood, terwyl talle ander steeds vermis word.
# Sokker: ‘n Waarskuwing oor uiterste hitte is uitgereik vir Kansas City, waar Colombia en Ghana Vrydag in ‘n Wêreldbeker-groep van 32-wedstryd te staan kom. Die Amerikaanse stad is ook die oefenbasis vir verskeie spanne. Die Amerikaanse weerdiens waarsku teen gevaarlik warm toestande van tot 41 grade Celsius en sê hoë humiditeit sal die ongemak verhoog. Uiterste weer het reeds ‘n impak op die toernooi gehad, met die groepwedstryd tussen Frankryk en Irak wat met twee uur vertraag is weens ‘n storm.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-38-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 21-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-431-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-21-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 74-dollar-42-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….