# Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus het die losvoorspeler Elrigh Louw na die Springbokgroep opgeroep vir die Nasieskampioenskap as bykomende dekking. Hy sluit vandag in Johannesburg by sy spanmaats aan. Louw het die laaste van sy 13 toetse in November 2024 teen Wallis gespeel, en was verlede jaar op die krukkelys met ‘n ernstige kniebesering. Hy is vanjaar terug en het beïndruk vir die Bulle. Die Bokke begin hul Nasieskampioenskaps-veldtog Saterdag op Ellispark teen Engeland.
Rugby: Losvoorspeler Elrigh Louw na Springbokke se Nasieskampioensgroep opgeroep