Skip to content

Kleinsake-instituut vra groter steun aan KMMO-sektor

# Die Kleinsake-instituut het ‘n verslag vrygestel wat die regering se pogings evalueer om Suid-Afrika se klein ondernemings te ondersteun. Die samesteller, Septi Bukula, kom tot die gevolgtrekking dat die regering van nasionale eenheid daarin geslaag het om die ekonomie bestendig te maak, maar steeds uitdagings ondervind om betekenisvolle verbeterings vir klein ondernemings te lewer. Die instituut se uitvoerende hoof, John Dludlu, sê sterker samewerking tussen die regering, die privaat sektor, ontwikkelings-finansieringsinstellings en banke is nodig om die volle potensiaal van Suid-Afrika se KMMO-sektor te ontsluit.