Skip to content

Tshwane kry uitsettingsbevel teen besetters van die Centurion-taxistaanplek

# Die Stad Tshwane verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se besluit om ʼn uitsettingsbevel toe te staan teen onwettige besetters op munisipale grond by die Centurion-taxistaanplek. Volgens die bevel moet besetters die eiendom binne 30 dae ontruim. Die metro sê die grond is deel van ʼn strategiese ontwikkelingsprojek wat verbind word met die beplande Tshwane Internasionale Konvensiesentrum en ander kommersiële ontwikkelings vir gemengde gebruik. Hy beskryf die beslissing as ʼn belangrike mylpaal in sy pogings om staatsgrond terug te eis wat al jare lank onwettig beset word.