Skip to content

Tennis: Sinner, Djokovic en Sabalenka behaal oorwinnings op Wimbledon

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, en sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die tweede ronde by Wimbledon. Sinner van Italië het die Serwiër, Miomir Kecmanovic, geklop terwyl Djokovic met Wu Yibing van China afgereken het. Die Pool, Hubert Hurkacz, het Casper Ruud van Noorweë verslaan. In die vroueafdeling het die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus die Serwiese kwalifiseerder, Teodora Kostovic, gemaklik verslaan. Die Franse Ope-finalis, Maja Chwalinska van Pole, moes teen Mananchaya Sawangkaew van Thailand die knie buig.