# Die Hooggeregshof het Maandag geweier om ‘n appèl van president Donald Trump te aanvaar oor ‘n uitspraak van 80-miljoen-rand dat hy E. Jean Carroll misbruik en belaster het. Dit beteken die president moet die tydskrifrubriekskrywer nou betaal. Carroll se prokureur, Roberta Kaplan, sê die Hooggeregshofbeslissing bevestig eens en vir altyd die jurie se eenparige uitspraak dat Trump Carroll seksueel aangerand en belaster het. Die president se regspan het in ‘n verklaring gesê Amerikaners staan saam met Trump en eis ‘n onmiddellike beëindiging van al die heksejagte teen hom.
Trump moet rubriekskrywer R80-miljoen betaal na Hooggeregshof sy appèl teen uitspraak oor seksuele misbruik verwerp