# Rugby: Die afrigter van die Springbokke, Rassie Erasmus, sê hy het sy sterkste moontlike span gekies omdat hy ‘n groot aanslag van Engeland verwag in Saterdag se Nasieskampioenskaptoets op Ellispark in Johannesburg. Kaptein Siya Kolisi en Eben Etzebeth is die twee spelers met meer as 100 wedstryde elk, terwyl Cameron Hanekom die mees onervare is met slegs een toets. Erasmus sê dis belangrik om ‘n groep met ervaring te kies, gekombineer met ‘n paar jonger spelers wat bewys het hulle kan op hierdie vlak presteer.
Rugby: Rassie verwag verbete aanslag deur Engeland Saterdag teen Bokke