# Krieket: Die kaptein van die Protea-vroue, Laura Wolvaardt, het haar span gevra vir ‘n dapper kolfvertoning in Donderdag se T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Engeland op die Oval in Londen. Suid-Afrika het gesukkel om ‘n middelmatige teiken te jaag tydens Sondag se laaste groepswedstryd teen Bangladesj op Lord’s, en Wolvaardt is veral gefrustreerd omdat sy vir ‘n nulletjie uitgehaal is. Sy is vasbeslote om Donderdag van voor af te lei. Australië en die Wes-Indiese Eilande pak mekaar in vandag se eerste halfeindstryd, met die eindstryd wat Sondag plaasvind.
Krieket: Wolvaardt vra sterk kolfvertoning deur Proteas in halfeindstryd