Skip to content

Brown Mogotsi se tweede borgtogaansoek van die hand gewys

# Die Landdroshof in Johannesburg het weer die sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, se aansoek om borgtog geweier. Sy aanvanklike aansoek is vroeër hierdie maand van die hand gewys nadat die hof bevind het sy woonadresse kan nie bevestig word nie. Mogotsi het ‘n nuwe aansoek ingedien, met wat sy regspan as nuwe feite beskryf. Hy bly in aanhouding op aanklagte van meineed, regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen wat verband hou met ‘n beweerde kamma-sluipmoordpoging in Vosloorus.