# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Bafana Bafana geprys vir hul baanbrekersprestasie tydens die Wêreldbekertoernooi en sê die span het ‘n nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis geskryf. Hy beklemtoon hul veerkragtigheid, spanwerk en geskiedkundige vordering tot die uitklopfase as ‘n bepalende prestasie, ondanks ‘n naelskraapse nederlaag teen Kanada. McKenzie prys die spelers, afrigtingspersoneel en beheerliggaam, SAFA, vir hul bydraes, en vra groter belegging in skolesport en talent-ontwikkeling.
Sokker: Minister McKenzie loof Bafana Bafana se baanbreker-Wêreldbekerprestasie