Skip to content

ANC ontken Ramaphosa het die party opdrag gee om aan Phala Phala-hofsaak te onttrek

# Die ANC ontken ten sterkste berigte van faksiegevegte in die Nasionale Werkkomitee oor hul benadering tot president Cyril Ramaphosa se aansoek om ‘n interdik te kry teen die Parlement se ampsklagkomitee. Sunday Times berig Ramaphosa het die party persoonlik opdrag gegee om te onttrek aan pogings om by sy hofsaak in te meng. Die ANC het verlede week amptelik aan die saak onttrek. Hy sê hy het volgens ‘n regsmening opgetree, en die party se besluite word gesamentlik geneem en nie deur individue voorgeskryf nie.