# Krieket: Die Protea-vroue is deur na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat Indië uitgeskakel is. Suid-Afrika, wat in die vorige twee toernooie die eindstryd gehaal het, het Bangladesj met vier paaltjies verslaan in hul laaste groepswedstryd op Lord’s. Hulle het die halfeindronde gehaal nadat die sesmalige kampioen, Australië, Indië met ses paaltjies verslaan het. Die onoorwonne Australië speel môre in die eerste halfeindstryd teen die Wes-Indiese Eilande, terwyl Suid-Afrika en Engeland Donderdag sake sal uitspook.
Krieket: Protea-vroue deur na T20-Wêreldbeker-halfeindronde, maar Indië word uitgeskakel