# Forum 4 Service Delivery in die Vrystaat het die vrywillige sluiting van sommige buitelandse spaza-winkels rondom Mangaung, voor die beplande teen-onwettige immigrasie-optogte môre, verwelkom. Die organisasie sê hulle is gekant teen enige intimidasie, geweld of plundering teen buitelandse burgers. Die organisasie se woordvoerder, Potso Motoko, sê sluitings is slegs aanvaarbaar as dit vrywillig is en onwettige ongedokumenteerde handelaars betrek. Hy beklemtoon dat ondernemings nie gedwing moet word om te sluit nie en het ‘n beroep gedoen op wettige, vreedsame optrede tydens die betogings.
Forum 4 Service Delivery steun vrywillige spaza-winkelsluitings in die Vrystaat