# ActionSA sê hy is diep bekommerd oor die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se beweerde stap om fondse aan die Stad Johannesburg te staak. Die party blameer die ANC-geleide administrasie onder burgemeester Dada Morero vir die finansiële wanbestuur, met verwysing na skuld aan Eskom en Rand Water. Mpumi Edward van ActionSA sê die situasie bedreig dienslewering en vra verantwoordbaarheid voor die plaaslike regeringsverkiesing. Sy dring aan op dringende ingryping om munisipale finansies in Johannesburg te bestendig:
ActionSA waarsku oor krisis rondom Johannesburgse befondsingsdreigement [KLANK]
ENG-EdwardOnJoburgFunds