# Die DA sê die bedanking van 47 ervare aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag gebeur op ‘n kritieke tyd. Die party waarsku die instelling sukkel reeds met ernstige tekorte en ‘n groeiende agterstand met ingewikkelde korrupsiesake. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê die verlies aan senior personeel kan die NVG se vermoë verswak om hoëvlak-korrupsiesake doeltreffend te vervolg en geregtigheid te lewer. Dit gebeur op ‘n tyd waar Suid-Afrikaners steeds wag op verantwoording in belangrike staatskapingsake.
DA eis antwoorde oor beweerde massa-bedankings deur ervare senior NVG-aanklaers