Skip to content

Rugby: Bok-afrigter tevrede met voorbereidingswerk voor Nasieskampioenskap-openingswedstryd teen Engeland

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die hele span stem saam oor die verwagtings en standaarde vir die Nasieskampioenskap wat voorlê. Suid-Afrika speel volgende Saterdag op Ellispark in Johannesburg teen Engeland in die reeks se openingswedstryd. Hulle volgende kragmeting is op 11 Julie in Pretoria teen Skotland en ʼn week later in Durban teen Wallis. Erasmus is tevrede dat die nodige boustene gelê is. Hy is ook bly oor die spelers se waardevolle wedstryd-tyd teen die Barbarians en Zimbabwe.