# Drie verdagtes is gister op die N3 by die Baccleuch-wisselaar in Johannesburg in ʼn skietgeveg met die polisie dood. Gauteng se polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê hulle het inligting ontvang oor ʼn groep mans wat in drie voertuie naby winkelsentrums rondry, en vermoedelik met die sogenaamde Rolex-bende verbind word. Sy sê toe die taktiese reaksie-span een van die geïdentifiseerde voertuie probeer voorkeer, het dit weggejaag. Dit het tot ʼn wilde jaagtog en skietery tussen die verdagtes en die polisie gelei:
Drie vermeende Rolex-bendelede dood in skietery met polisie in Johannesburg [KLANK]
ENG NevhuhulwiOnShootout