Skip to content

Zuma-Sambudla en Ndhlela dien hofstukke in teen hul uitsetting uit die MK-party

# Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndhlela, het hofdokumente by die Suid-Gautengse Hooggeregshof ingedien waarin hulle hul verwydering uit die party betwis. Hulle versoek dat hul skorsings tersyde gestel word, en voer aan dat die besluit om hul lidmaatskap te beëindig hersien en omgekeer moet word. In die dokumente sê die twee hulle is geskors sonder dat hulle formeel aangekla is, kennis ontvang het, of ‘n tugverhoor gekry het. Zuma-Sambudla en Ndhela is uit die party ontslaan nadat hulle van growwe wangedrag beskuldig is.